Wednesday, October 26, 2011

Skilpoppe.


Inleiding oor Barry Hough:
Barrie Hough was ’n stedeling in murg en been. Gebore in Johannesburg, matriek geskryf aan die Hoër Seunskool Helpmekaar en aan RAU gestudeer in Kommunikasieleer. Sy MA (Engels) het hy ook daar behaal vir ’n tesis oor die dramaturg Athol Fugard. In die jare sewentig het hy skool gehou by St Barnabas College en in 1979 is hy aangestel as toneelresensent by die dagblad Beeld. In 1984 is hy bekroon met die AA Vita-prys vir teaterjoernalistiek.

Hy was ook vir ‘n tyd lank lid van Rapport se kultuurredaksie waar hy onder meer oor rolprente, teater en boeke geskryf het Hough se eerste boek, My kat word herfs is as finalis in die 1985 Sanlam Jeuglektuurwedstryd aangewys. Dit was waarskynlik sy boek waarmee hy die grootste sukses behaal het.. Dié verhaal oor ’n introspektiewe seun wat hakkel se liefde vir die teater en Siamese katte is reeds in sy 20ste herdruk en word allerweë beskou as ’n seminale werk wat die Suid-Afrikaanse jeuglektuur in ’n nuwe rigting laat inslaan het. Penguin het dit in Engels as My cat turns autumn gepubliseer. My kat word herfs is gekies om deel uit te maak van die Proudly South African: 100 Representative Children’s Books uitstalling by die 2004 IBBY Kongres wat binnekort in Kaapstad gehou word.


Hough se volgende boek was Droomwa (1990) waarvoor hy die Silwer Sanlamprys gekry het. Droomwa is ’n outobiografiese jeugroman wat landswyd voorgeskryf word en nou reeds 20 keer herdruk is. Hierdie boek, wat deur Oxford University Press in Engels gepubliseer is as Dream Chariot, het ook die Alba Bouwer-prys vir Kinderlektuur en die CP Hoogenhout-toekenning vir die beste Afrikaanse kinderboek ontvang. Soos My kat word herfs is ook Droomwa gekies vir die Proudly South African: 100 Representative Children’s Books uitstalling.

In 1992 het Hough met Vlerkdans, ’n byderwetse werk oor jong kunstenaars en VIGS, die eerste keer die Goue Sanlamprys verower en later die ATKV-Kinderboektoekenning. Ook hierdie werk word landswyd by skole voorgeskryf en is al 21 keer herdruk. Dit is deur Heinemann-Uitgewers in Engels as In full flight uitgegee. Lizz Meiring het hierdie roman tot toneelstuk omskep.
In 1995 het Houg se volgende werk verskyn. Skimmelstreke was ’n bundel sketse en essays vol humor, nostalgie en patos uit sy bydraes tot die rubriek “Skuins voor Maandag” wat weekliks in Rapport verskyn het.

Dit was egter met Skilpoppe (1998) dat Hough sy driekuns behaal het, want dit was sy derde boek wat van hom ’n wenner in die Sanlamprys vir Jeuglektuur gemaak het. Hierdie boek handel oor die temas van dwelmmisbruik en homoseksualiteit en is beskryf as ’n storie wat drama, teater en veral Shakespeare weer lewendig sal maak vir jeuglesers. Dit is onlangs verfilm en word op 27 September 2004 vir die eerste keer op M-Net uitgesaai. Saam met die tweede uitgawe, beleef Skilpoppe reeds sy 15de herdruk.

In 2002 het Hough se laaste jeugroman (wat ’n voortsetting was van die goeie werksverhouding tussen hom en Lizz Meiring) verskyn. Breek het egter eers by 2001 se Klein Karoo en Aardklop kunstefeeste sukses as ’n toneelstuk behaal voordat dit as ’n roman verskyn het en skaars ’n maand nadat dit verskyn het, moes dit herdruk word. Dit word nou by sowel Afrikaanse as Engelse skole voorgeskryf en is ook benoem vir ’n MER toekenning. Hough was baie lief vir diere (hy het onder andere rondloper-diere versamel en was gek na Siamese katte), was versot op opera, het belang gestel in die Chinese kultuur en beeldende kuns en het graag gereis.

Hough (51) is vroeg Dinsdagoggend 16/8/2004 dood aangetref in sy woonstel in Melville, Johannesburg. Die woonstelgebou se opsigter het gas geruik, ondersoek ingestel en Hough se liggaam in die slaapkamer gevind. Hy was blykbaar die laaste tyd erg teneergedruk en onder doktersbehandeling vir depressie.
Uittreksel uit ‘n gesprek met Louise Steyn (LS), Uitgewer: Kinder- en Jeugboeke, Tafelberg-Uitgewers en Organiseerder van die Sanlam-prys vir Jeuglektuur. Haydee Hollander (HH) het die vrae gevra.

LS: Dis ‘n baie hartseer gedagte, dat daar nou niks gaan word van al die boeke waaroor hy tot die dag voor sy dood nog met my gepraat het nie. Almal wat Barrie geken het, sal weet dat hy sy boeke in sy kop beplan het en hulle tot in die fynste detail op sy vriende “uitprobeer” het nog voordat daar ‘n enkele woord op papier was. En dan het dit gewoonlik iets groots gekos om te maak dat hy uiteindelik gaan sit om dit wat hy alles in sy kop uitgewerk het, op papier neer te sit. Party boeke het dit “gemaak”, ander het langs die pad gesneuwel en nooit ‘n werklikheid geword nie.

HH: Skryf was glad nie maklik vir hom nie. Om ‘n nuwe boek te begin was vir Barrie ‘n nagmerrie. En vir sy uitgewers?

LS: Dit het heelwat gekos om Barrie uiteindelik aan die skryf te kry. Mooipraat of dreig het nie gehelp nie. Op die ou einde was al wat gewerk het, ‘n absolute sperdatum – soos vir ‘n Sanlam-kompetisie. Hy was ongelukkig intelligent genoeg om te weet dat die sperdatums wat ek self uitgedink het, verskuifbaar was. Daarom dus dat sy boeke met al hoe langer tussenposes verskyn het.
http://leeskring.wordpress.com/2010/07/19/skilpoppe-barrie-hough/
Les:
Inleiding: Gee die agtergrond van die skrywer weer vir die kinders.
Bespreek Skilpoppe slot.
Gee opdrag:
  1. Dit is nou julle taak in groepe van 3 om 'n kort film op jul selfone of enige ander elektroniese manier, van een van julle gunsteling hoofstukke in "Skilpoppe" te maak. 
  2. Die kort film moet dan na my ge-email word sodat die beste 3 gekies kan word om op Youtube gelaai te word.
  3. Tyd: 3 weke.
Slot:
Laat kinders in groepe verdeel en projek bespreek.





1 comment:

  1. To read more about social media for children go to:http://www.which.co.uk/baby-and-child/child-safety-at-home/guides/guide-to-activities-for-kids-online/social-networking/

    ReplyDelete