Wednesday, October 26, 2011

Opsommings.

Hoe om op te som:
 
    1. Maak seker jy verstaan eers die teks. 2. Onderstreep die woorde en frases wat belangrik is in die teks. 3. Verdeel die teks in 2 paragrawe. 4. Skryf 'n opskrif vir elke paragraaf. 5. Skryf nou nie meer as 20 hoof woorde wat belangrik is in die teks neer.    Waar nodig verander direkte rede na indirekte rede. 6. Skryf nou die opsomming in jou eie woorde, vermy te veel beskrywende woorde.
1. Moenie begin voordat jy nie die hele teks verstaan het nie. 2. Moenie uit freak nie! - As jy weet wat om te skryf sal jy sien hoe vinnig
   jy dit alles kan neerskryf.
3. Wees akuraat moet nooit die betekenis van die teks verander nie!

Summary: Rules for writing
  • Find important facts, statements and ideas
  • Leave all statistics, dates and names, quotations, details and comparisons, examples, opinions, and decorating expressions unless they are important for the understanding of the text.
  • Cut the original text to one third.
  • The summary is usually written in the present tense.
  • But past events may be reported in the past, future events may be reported in the future.
  • Statements or questions which were made in the past may be reported in the past tense or the past perfect.
  • Statements and questions which were made in the past but concern the future may be reported in the conditional.
Les:
Gee aan die kinders 3 kort stukke wat opgesom moet word.
Gaan deur die reels.
Taak:
Jy het 2 dae om al 3 hierdie tekste op te som en of vir my te e-pos of te sms.
  •  

Die dag op Nuweland - Jeanne Goosen.

Sien link vir power point:
www.allegaartjie.com/.../die_dag_op_nuweland.pp...

Gebore en getoë
Jeannette Helena Goosen is op 13 Julie 1938 in Parow gebore. Sy word in Parow groot in die dae van George se kafee en Visser se skoenwinkel op die hoek en die Roomse kerk. Haar ma was ’n storieverteller: “Die vreemdste, absurdste goed. Sommer so terwyl sy skottelgoed was. En sy’t gesing. Kastig in Russies. En dan sing ons kinders saam. Ook in Russies!” Sy onthou haar pa met die tuinslang in sy hand en sy liefde vir tuinmaak wat sy geërf het. Sy onthou ook sy vreemde humorsin.
Jeanne begin as tiener skryf uit ’n emosionele behoefte – op los stukkies papier en in ou oefeningboeke. Op twaalfjarige ouderdom publiseer sy haar eerste poësie in Rooi Rose en skryf sy ook vir Die Jongspan.
Verdere studies en werk
Na haar skoolopleiding ontvang sy ’n beurs van die Universiteit van Kaapstad en gaan studeer radiografie. Sy werk in hospitale as radiografis en arbeidsterapeut. Sy was egter ook al smous, boer en visserman. Haar eerste werk was in standerd ses toe sy by Ackermans in Parow junior Kersvader was.
Een van Jeanne se groot liefdes is musiek. Sy studeer musiek aan die Rondebosch School of Music en is in ’n klassieke rigting opgelei. Sy behaal haar lisensiaatgraad in klavier by Unisa en bespeel ook die klarinet. Sy ontvang formele musiekopleiding onder Magriete Herbst van Parow, Japie Malan en Toronti Florenti van die Kaap. In 2003, met die bekendstelling van Deborah Steinmair se digbundel A see-through suitcase, het Jeanne vir die eerste keer in jare weer voor ’n gehoor klavier gespeel. Steinmair het ook in 2004 die lirieke geskryf vir Jeanne se kabaret Hartedief wat by die KKNK gehore gaande gehad het.
Jeanne was vir sestien jaar werksaam as joernalis en in daardie tyd was sy verslaggewer by die Transvaler, die Oggendblad, Hoofstad en Tempo terwyl sy in (die destydse) Natal gewoon het en in 1986 by die Paarl Post. Haar joernalistieke loopbaan wissel sy af met van ’n sitrusboerdery by Hartebeeshoek tot visvang aan die Weskus. Sy smokkel met die sitrusvrugte by ’n Griek totdat sy besluit om "eerlik" te wees en liewer haar suurlemoene aan die beurs te lewer. “Maar toe is daar ’n dokstaking. Ek het vir my totale oes net 24c gekry … Weens die staking moes hulle alles wegsmyt … Toe’t ek besluit eerlikheid loon nie; dis sommer nonsens daai. Ek dink ek het smokkelaarsbloed in my.”
Jeanne publiseer in 1971 haar eerste digbundel, ’n Uil vlieg weg, maar kon nooit in die tradisionele letterkunde ’n tuiste vind nie, en sy het ook nie daarvoor gesoek nie – daarvoor is sy te "ontradisioneel”.
Sy het in haar lewe al oor die hele Suid-Afrika gewoon – van Pretoria tot die Weskus, Durban, die Karoo, Brixton, Hartebeeshoek, Franschhoek en Aucklandpark. Tans bly sy in Parklands “na die Weskus se kant toe” in ’n woonstelgebou. In ’n stadium tydens haar verblyf in Durban speel sy naweeksaande klavier en sing sy bas in die immigranteklub vir R80 ’n aand. Sy trek in 2001 na ’n plek tussen Brits en Pretoria-Noord om plek vir haar honde, Bubbles en Wolf, te kry. Haar honde is haar konstante blymaats. Haar twee blymaats is nou Dolores en Mabel. Jeanne het al per geleentheid gesê dat sy diere bo mense verkies. Sy is lief vir die grond, natuur, musiek, skilderkuns, wetenskap en kuns, en wou nog altyd ’n biochemikus of insektekundige wees. Visvang is ook lekkerder as skryf. In die vyf jaar wat sy vis gevang het, het sy drie boeke geskryf en ook geboer. Dit was in Plettenbergbaai, eintlik by Keurboom. Sy bring die boot saam toe sy daar weg is. Partykeer vang sy vis by Langebaan, en anderkant by Hermanus en by Velddrif waar sy snoek gevang het met die bakkie, wat sy op die swartmark gekoop het.
Tydens die toekenning van die Afrikaans Onbeperk-toekenning in 1998 by die KKNK sê André P Brink: “Oor meer as twintig jaar het dié besonderse vroumens die taal laat praat en dinge laat sê wat niemand haar nog regtig kon nadoen nie. En dit oor ’n verstommend geskakeerde en gevarieerde terrein: poësie, romans en novelles, kortverhale, teater en kabaret.” Dit som Jeanne se skryfloopbaan in ’n neutedop op. Sy behaal in al die genres sukses en die bekronings bly nie agter nie. Benewens haar veelbekroonde novelle Ons is nie almal so nie ontvang sy ook die Rapport-prys vir drama in 1992 vir Drie eenakters. Sy wen die Sanlamprys as Rubriekskrywer van die Jaar vir haar rubriek in die Natalse koerant Tempo en ontvang die Helen Maartens Fellowship van Athol Fugard. Kombuis-blues ontvang die Vita-Toneelprys. Kombuis-blues, ’n eenvrouvertoning, is opgevoer met Trudie Taljaard in die hoofrol en Sandra Prinsloo as regisseur. Van die twee vroue wat met haar stuk werk, het Jeanne gesê: ”Net wat dié twee vroue doen, is ’n kragtoer. Dit is vir my ’n groot eer, en ek dink hulle verbeter op my boek.” Dié stuk het groot opslae gemaak tydens die jaarlikse Leeskringseminaar in Welkom, toe die predikant geweier het om ’n tafelgebed te doen na die opvoering daarvan.
Jeanne se kabarettekste en toneelstukke word altyd met groot sukses op die planke gebring. Lizz Meiring en André Stolz speel in 1990 die twee rolle in Jeanne se Kopstukke met Stephan Bouwer as regisseur en in 1991 regisseer Sandra Prinsloo die stuk. Dit is ook in 1990 met groot welslae by die Grahamstadse Kunstefees opgevoer. In 1991 skryf sy die kabaret Nagmerries met Lizz Meiring en Nomsa en Sandra Prinsloo as regisseur, en in 1993 ’n Mens huil nie oor alles nie / If only we had arsenic, ook met Lizz Meiring. By 2003 se Aardklopfees en 2004 se Woordfees en KKNK word haar stuk Desnieteenstaande met Sandra Prinsloo as regisseur met groot sukses op die planke gebring.
Jeanne is ook een van die Afrikaanse skrywers wat die ANC by die Victoria Waterval ontmoet het en dit bly haar by – die ontmoeting met Willie Kgotsisile, Barbara Masekela, Wally Serote en Steve Tshwete. Sy dien in die bestuur van die Afrikaanse Skrywersgilde en is nog altyd gekant teen alle vorme van onderdrukking en sensuur.
By die Woordfees van 2001 is ’n samestelling van Jeanne se werk gedoen deur Susanne Beyers en Joanie Combrink onder die titel Dalk is ons almal só.
Sedert November 2003 is Jeanne ’n gereelde en gewilde rubriekskrywer in By, bylae tot Die Burger met haar rubriek Kaalvuis.
Publikasies:

Vertalings deur Jeanne Goosen

Fast, Julius: Die mag van houding. Pretoria: Daan Retief, 1981 [ISBN 0868143502 (hb)] – Afrikaanse vertaling van Body politics: how to get power with class
Berry, Mary: Prutpot-etes. Johannesburg: CAN, 1982 [ISBN 0620059443 (hb)] – Afrikaanse vertaling van One pot cooking

’n Keur van artikels deur Jeanne Goosen op die internet

’n Keur van artikels oor Jeanne Goosen op die internet

  • Gaan deur Power Point met kinders.

  • Doen 'n paar vrae oor die gedig.
Opdrag:
  • Dit is nou jou taak om die gedig te lees en dit dan op jou selfoon op te neem en dit na my e-mail te stuur. 
  • Die 3 bestes sal ek op my muur op Facebook laai.

Skilpoppe.

Inleiding oor Barry Hough:
Barrie Hough was ’n stedeling in murg en been. Gebore in Johannesburg, matriek geskryf aan die Hoër Seunskool Helpmekaar en aan RAU gestudeer in Kommunikasieleer. Sy MA (Engels) het hy ook daar behaal vir ’n tesis oor die dramaturg Athol Fugard. In die jare sewentig het hy skool gehou by St Barnabas College en in 1979 is hy aangestel as toneelresensent by die dagblad Beeld. In 1984 is hy bekroon met die AA Vita-prys vir teaterjoernalistiek.

Hy was ook vir ‘n tyd lank lid van Rapport se kultuurredaksie waar hy onder meer oor rolprente, teater en boeke geskryf het Hough se eerste boek, My kat word herfs is as finalis in die 1985 Sanlam Jeuglektuurwedstryd aangewys. Dit was waarskynlik sy boek waarmee hy die grootste sukses behaal het.. Dié verhaal oor ’n introspektiewe seun wat hakkel se liefde vir die teater en Siamese katte is reeds in sy 20ste herdruk en word allerweë beskou as ’n seminale werk wat die Suid-Afrikaanse jeuglektuur in ’n nuwe rigting laat inslaan het. Penguin het dit in Engels as My cat turns autumn gepubliseer. My kat word herfs is gekies om deel uit te maak van die Proudly South African: 100 Representative Children’s Books uitstalling by die 2004 IBBY Kongres wat binnekort in Kaapstad gehou word.

Hough se volgende boek was Droomwa (1990) waarvoor hy die Silwer Sanlamprys gekry het. Droomwa is ’n outobiografiese jeugroman wat landswyd voorgeskryf word en nou reeds 20 keer herdruk is. Hierdie boek, wat deur Oxford University Press in Engels gepubliseer is as Dream Chariot, het ook die Alba Bouwer-prys vir Kinderlektuur en die CP Hoogenhout-toekenning vir die beste Afrikaanse kinderboek ontvang. Soos My kat word herfs is ook Droomwa gekies vir die Proudly South African: 100 Representative Children’s Books uitstalling.

In 1992 het Hough met Vlerkdans, ’n byderwetse werk oor jong kunstenaars en VIGS, die eerste keer die Goue Sanlamprys verower en later die ATKV-Kinderboektoekenning. Ook hierdie werk word landswyd by skole voorgeskryf en is al 21 keer herdruk. Dit is deur Heinemann-Uitgewers in Engels as In full flight uitgegee. Lizz Meiring het hierdie roman tot toneelstuk omskep.
In 1995 het Houg se volgende werk verskyn. Skimmelstreke was ’n bundel sketse en essays vol humor, nostalgie en patos uit sy bydraes tot die rubriek “Skuins voor Maandag” wat weekliks in Rapport verskyn het.

Dit was egter met Skilpoppe (1998) dat Hough sy driekuns behaal het, want dit was sy derde boek wat van hom ’n wenner in die Sanlamprys vir Jeuglektuur gemaak het. Hierdie boek handel oor die temas van dwelmmisbruik en homoseksualiteit en is beskryf as ’n storie wat drama, teater en veral Shakespeare weer lewendig sal maak vir jeuglesers. Dit is onlangs verfilm en word op 27 September 2004 vir die eerste keer op M-Net uitgesaai. Saam met die tweede uitgawe, beleef Skilpoppe reeds sy 15de herdruk.

In 2002 het Hough se laaste jeugroman (wat ’n voortsetting was van die goeie werksverhouding tussen hom en Lizz Meiring) verskyn. Breek het egter eers by 2001 se Klein Karoo en Aardklop kunstefeeste sukses as ’n toneelstuk behaal voordat dit as ’n roman verskyn het en skaars ’n maand nadat dit verskyn het, moes dit herdruk word. Dit word nou by sowel Afrikaanse as Engelse skole voorgeskryf en is ook benoem vir ’n MER toekenning. Hough was baie lief vir diere (hy het onder andere rondloper-diere versamel en was gek na Siamese katte), was versot op opera, het belang gestel in die Chinese kultuur en beeldende kuns en het graag gereis.

Hough (51) is vroeg Dinsdagoggend 16/8/2004 dood aangetref in sy woonstel in Melville, Johannesburg. Die woonstelgebou se opsigter het gas geruik, ondersoek ingestel en Hough se liggaam in die slaapkamer gevind. Hy was blykbaar die laaste tyd erg teneergedruk en onder doktersbehandeling vir depressie.
Uittreksel uit ‘n gesprek met Louise Steyn (LS), Uitgewer: Kinder- en Jeugboeke, Tafelberg-Uitgewers en Organiseerder van die Sanlam-prys vir Jeuglektuur. Haydee Hollander (HH) het die vrae gevra.

LS: Dis ‘n baie hartseer gedagte, dat daar nou niks gaan word van al die boeke waaroor hy tot die dag voor sy dood nog met my gepraat het nie. Almal wat Barrie geken het, sal weet dat hy sy boeke in sy kop beplan het en hulle tot in die fynste detail op sy vriende “uitprobeer” het nog voordat daar ‘n enkele woord op papier was. En dan het dit gewoonlik iets groots gekos om te maak dat hy uiteindelik gaan sit om dit wat hy alles in sy kop uitgewerk het, op papier neer te sit. Party boeke het dit “gemaak”, ander het langs die pad gesneuwel en nooit ‘n werklikheid geword nie.

HH: Skryf was glad nie maklik vir hom nie. Om ‘n nuwe boek te begin was vir Barrie ‘n nagmerrie. En vir sy uitgewers?

LS: Dit het heelwat gekos om Barrie uiteindelik aan die skryf te kry. Mooipraat of dreig het nie gehelp nie. Op die ou einde was al wat gewerk het, ‘n absolute sperdatum – soos vir ‘n Sanlam-kompetisie. Hy was ongelukkig intelligent genoeg om te weet dat die sperdatums wat ek self uitgedink het, verskuifbaar was. Daarom dus dat sy boeke met al hoe langer tussenposes verskyn het.
http://leeskring.wordpress.com/2010/07/19/skilpoppe-barrie-hough/
Les:
Inleiding: Gee die agtergrond van die skrywer weer vir die kinders.
Bespreek Skilpoppe slot.
Gee opdrag:
  1. Dit is nou julle taak in groepe van 3 om 'n kort film op jul selfone of enige ander elektroniese manier, van een van julle gunsteling hoofstukke in "Skilpoppe" te maak. 
  2. Die kort film moet dan na my ge-email word sodat die beste 3 gekies kan word om op Youtube gelaai te word.
  3. Tyd: 3 weke.
Slot:
Laat kinders in groepe verdeel en projek bespreek.

Afrikaanse les: Homonieme en Homofone.

Inleiding:
http://www.mieliestronk.com/antonieme.html
Groet Klas.
  1. Deel werkvel en informasie oor Homofone en Homonieme uit aan die klas. 'n lys van Homofone en Homonieme kan verkry word van  http://www.mieliestronk.com/antonieme.html.
  2. Gaan deur die werk met die kinders skryf van die moeiliker gevalle op die bord en bespreek.
  3. Laat die kinders 'n paar van die woorde uit skryf in sinne om die betekenis duidelik te maak 
Werkvel met Sosiale Media:
  • Dit is nou julle taak om by die huis in groepe van 5 'n groep op Facebook te stig met betrekking tot Homofone en Homonieme.
  • Julle moet aan 'n interessante titel en uitleg dink.
  • Die groep moet die betekenis en definisies van Homofone en Homonieme behandel met voorbeelde.
  • 'n voorlegging van jul groep moet eers goed gekeur word.
  • Die voorlegging moet die uitleg van die groep uitwys en presies hoe die groep werk.
  • Tyd: 2 weke.\
5.  Laat kinders nou in groepe van 5 verdeel en hul groep bespreek.
Slot:

6. Sluit les af. 
7. Herriner kinders aan huiswerk.