Wednesday, October 26, 2011

Die dag op Nuweland - Jeanne Goosen.

Sien link vir power point:
www.allegaartjie.com/.../die_dag_op_nuweland.pp...

Gebore en getoë
Jeannette Helena Goosen is op 13 Julie 1938 in Parow gebore. Sy word in Parow groot in die dae van George se kafee en Visser se skoenwinkel op die hoek en die Roomse kerk. Haar ma was ’n storieverteller: “Die vreemdste, absurdste goed. Sommer so terwyl sy skottelgoed was. En sy’t gesing. Kastig in Russies. En dan sing ons kinders saam. Ook in Russies!” Sy onthou haar pa met die tuinslang in sy hand en sy liefde vir tuinmaak wat sy geërf het. Sy onthou ook sy vreemde humorsin.
Jeanne begin as tiener skryf uit ’n emosionele behoefte – op los stukkies papier en in ou oefeningboeke. Op twaalfjarige ouderdom publiseer sy haar eerste poësie in Rooi Rose en skryf sy ook vir Die Jongspan.
Verdere studies en werk
Na haar skoolopleiding ontvang sy ’n beurs van die Universiteit van Kaapstad en gaan studeer radiografie. Sy werk in hospitale as radiografis en arbeidsterapeut. Sy was egter ook al smous, boer en visserman. Haar eerste werk was in standerd ses toe sy by Ackermans in Parow junior Kersvader was.
Een van Jeanne se groot liefdes is musiek. Sy studeer musiek aan die Rondebosch School of Music en is in ’n klassieke rigting opgelei. Sy behaal haar lisensiaatgraad in klavier by Unisa en bespeel ook die klarinet. Sy ontvang formele musiekopleiding onder Magriete Herbst van Parow, Japie Malan en Toronti Florenti van die Kaap. In 2003, met die bekendstelling van Deborah Steinmair se digbundel A see-through suitcase, het Jeanne vir die eerste keer in jare weer voor ’n gehoor klavier gespeel. Steinmair het ook in 2004 die lirieke geskryf vir Jeanne se kabaret Hartedief wat by die KKNK gehore gaande gehad het.
Jeanne was vir sestien jaar werksaam as joernalis en in daardie tyd was sy verslaggewer by die Transvaler, die Oggendblad, Hoofstad en Tempo terwyl sy in (die destydse) Natal gewoon het en in 1986 by die Paarl Post. Haar joernalistieke loopbaan wissel sy af met van ’n sitrusboerdery by Hartebeeshoek tot visvang aan die Weskus. Sy smokkel met die sitrusvrugte by ’n Griek totdat sy besluit om "eerlik" te wees en liewer haar suurlemoene aan die beurs te lewer. “Maar toe is daar ’n dokstaking. Ek het vir my totale oes net 24c gekry … Weens die staking moes hulle alles wegsmyt … Toe’t ek besluit eerlikheid loon nie; dis sommer nonsens daai. Ek dink ek het smokkelaarsbloed in my.”
Jeanne publiseer in 1971 haar eerste digbundel, ’n Uil vlieg weg, maar kon nooit in die tradisionele letterkunde ’n tuiste vind nie, en sy het ook nie daarvoor gesoek nie – daarvoor is sy te "ontradisioneel”.
Sy het in haar lewe al oor die hele Suid-Afrika gewoon – van Pretoria tot die Weskus, Durban, die Karoo, Brixton, Hartebeeshoek, Franschhoek en Aucklandpark. Tans bly sy in Parklands “na die Weskus se kant toe” in ’n woonstelgebou. In ’n stadium tydens haar verblyf in Durban speel sy naweeksaande klavier en sing sy bas in die immigranteklub vir R80 ’n aand. Sy trek in 2001 na ’n plek tussen Brits en Pretoria-Noord om plek vir haar honde, Bubbles en Wolf, te kry. Haar honde is haar konstante blymaats. Haar twee blymaats is nou Dolores en Mabel. Jeanne het al per geleentheid gesê dat sy diere bo mense verkies. Sy is lief vir die grond, natuur, musiek, skilderkuns, wetenskap en kuns, en wou nog altyd ’n biochemikus of insektekundige wees. Visvang is ook lekkerder as skryf. In die vyf jaar wat sy vis gevang het, het sy drie boeke geskryf en ook geboer. Dit was in Plettenbergbaai, eintlik by Keurboom. Sy bring die boot saam toe sy daar weg is. Partykeer vang sy vis by Langebaan, en anderkant by Hermanus en by Velddrif waar sy snoek gevang het met die bakkie, wat sy op die swartmark gekoop het.
Tydens die toekenning van die Afrikaans Onbeperk-toekenning in 1998 by die KKNK sê André P Brink: “Oor meer as twintig jaar het dié besonderse vroumens die taal laat praat en dinge laat sê wat niemand haar nog regtig kon nadoen nie. En dit oor ’n verstommend geskakeerde en gevarieerde terrein: poësie, romans en novelles, kortverhale, teater en kabaret.” Dit som Jeanne se skryfloopbaan in ’n neutedop op. Sy behaal in al die genres sukses en die bekronings bly nie agter nie. Benewens haar veelbekroonde novelle Ons is nie almal so nie ontvang sy ook die Rapport-prys vir drama in 1992 vir Drie eenakters. Sy wen die Sanlamprys as Rubriekskrywer van die Jaar vir haar rubriek in die Natalse koerant Tempo en ontvang die Helen Maartens Fellowship van Athol Fugard. Kombuis-blues ontvang die Vita-Toneelprys. Kombuis-blues, ’n eenvrouvertoning, is opgevoer met Trudie Taljaard in die hoofrol en Sandra Prinsloo as regisseur. Van die twee vroue wat met haar stuk werk, het Jeanne gesê: ”Net wat dié twee vroue doen, is ’n kragtoer. Dit is vir my ’n groot eer, en ek dink hulle verbeter op my boek.” Dié stuk het groot opslae gemaak tydens die jaarlikse Leeskringseminaar in Welkom, toe die predikant geweier het om ’n tafelgebed te doen na die opvoering daarvan.
Jeanne se kabarettekste en toneelstukke word altyd met groot sukses op die planke gebring. Lizz Meiring en André Stolz speel in 1990 die twee rolle in Jeanne se Kopstukke met Stephan Bouwer as regisseur en in 1991 regisseer Sandra Prinsloo die stuk. Dit is ook in 1990 met groot welslae by die Grahamstadse Kunstefees opgevoer. In 1991 skryf sy die kabaret Nagmerries met Lizz Meiring en Nomsa en Sandra Prinsloo as regisseur, en in 1993 ’n Mens huil nie oor alles nie / If only we had arsenic, ook met Lizz Meiring. By 2003 se Aardklopfees en 2004 se Woordfees en KKNK word haar stuk Desnieteenstaande met Sandra Prinsloo as regisseur met groot sukses op die planke gebring.
Jeanne is ook een van die Afrikaanse skrywers wat die ANC by die Victoria Waterval ontmoet het en dit bly haar by – die ontmoeting met Willie Kgotsisile, Barbara Masekela, Wally Serote en Steve Tshwete. Sy dien in die bestuur van die Afrikaanse Skrywersgilde en is nog altyd gekant teen alle vorme van onderdrukking en sensuur.
By die Woordfees van 2001 is ’n samestelling van Jeanne se werk gedoen deur Susanne Beyers en Joanie Combrink onder die titel Dalk is ons almal só.
Sedert November 2003 is Jeanne ’n gereelde en gewilde rubriekskrywer in By, bylae tot Die Burger met haar rubriek Kaalvuis.
Publikasies:

Vertalings deur Jeanne Goosen

Fast, Julius: Die mag van houding. Pretoria: Daan Retief, 1981 [ISBN 0868143502 (hb)] – Afrikaanse vertaling van Body politics: how to get power with class
Berry, Mary: Prutpot-etes. Johannesburg: CAN, 1982 [ISBN 0620059443 (hb)] – Afrikaanse vertaling van One pot cooking

’n Keur van artikels deur Jeanne Goosen op die internet

’n Keur van artikels oor Jeanne Goosen op die internet

  Les:
  • Gaan deur Power Point met kinders.

  • Doen 'n paar vrae oor die gedig.
Opdrag:
  • Dit is nou jou taak om die gedig te lees en dit dan op jou selfoon op te neem en dit na my e-mail te stuur. 
  • Die 3 bestes sal ek op my muur op Facebook laai.

No comments:

Post a Comment